RECIPE

Paas Kerrie Vis

1 snoek, stokvis of geelstert.
6 uie, in dun ringe gesny.
1 liter bruinasyn.
2 eetlepels blatjang.
2 eetlepels suiker.
2 eetlepels gemengde masala.
1 teelepel borrie.
5 lourierblare.
1 teelepel wonderpeper (All spice).
sout.
2 teelepels suiker.

Plaas alles, behalwe die vis in ‘n kastrol en laat dit kook totdat die uie sag raak.
Haal die uie uit die sous en hou eenkant.
Sny die vis in happiegroottes en plaas dit in die warm asyn.
Laat kook vir 3 minute.
Haal die vis uit.
Plaas ‘n bietjie van die uie onder in ‘n glasbak en plaas ‘n laag vis bo-op.
Herhaal die lae tot bo.
Gooi die sous oor.
Laat staan in yskas vir twee dae

Bron :Source Deel jou Resep